Wandel ons in veroordeling of vrymoedigheid voor die Vader?

Soms voel ons oorrompel deur dit, wat om ons in die wêreld gebeur en deur dit wat in ons lewens plaasvind. Ons sien, hoe wonderwerke gebeur vir ander mense, maar ons glo nie, dat die Vader dit vir ons sal wil doen nie, want ons veroordeel onsself oor dit wat in ons lewens, in die lewens van ons eggenote en in die lewens van ons kinders gebeur.

1. Johannes 3:20&21: “As ons gewete ons veroordeel – God is groter as ons gewete, en Hy weet alles.
Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God te gaan…”

As ons dit kan regkry, om veroordeling uit ons lewe te verwyder, sal ons vrymoedig wees om te bid en te dans en te wees voor die Vader… In vers 22 lees ons, dat wanneer ons dit regkry, ons van Hom af alles kan vra en ons sal dit kry.

Hoe raak ons ontslae van veroordeling en selfverwyt? Hoe kan ons weer vertou dat God sal en kan voorsien? Hoe leer ‘n mens vrymoedigheid?

Gerrit Nel help ons om antwoorde op daardie vrae te vind sodat ons vrymoedig in die teenwoordigheid van ons Vader kan lewe.

Dieser Titel ist derzeit nur in Englisch (Afrikaans) ohne deutsche Untertitel. Wenn du wirklich an dieser Lehre interessiert bist und möchtest, dass wir sie in unsere Liste der Lehren aufnehmen, die ins Deutsche übersetzt und mit Untertiteln versehen werden müssen, dann sende uns gerne über unser Kontaktformular eine Nachricht mit den Titel in den Nachrichtenbereich. Wir können nicht versprechen, dass es innerhalb eines festgelegten Zeitraums übersetzt wird. Wir können nur sagen, dass es eine höhere Priorität als die anderen Lehren bekommen wird. Vielen Dank!

Once-off Donation

Monthly Donation

Donate via Bank Transfer

Download Teaching

Buy