Ons heel eerste Lentekamp konferensie was wonderlik. Ongelukkig kon ons nie in persoon bymekaar wees nie, maar dit was nogtans lekker om in ons moedertaal bymekaar te kon wees rondom die Woord van God. Ons tema was ‘In Gees en in Waarheid’.

Tiaan Nel het saam met ons na die Skrif gedeelte gekyk van Yeshua en die Samaritaanse vrou; na die wysheid en waarheid verborge in daardie so bekende gesprek. Wat vra sy vir Hom? ‘Waar moet ons aanbid?’ Die vraag is vir haar só belangrik! En wat is Sy antwoord?
Wat is vir HOM belangrik? Hy sê vir haar, waarna die Vader op soek is en daardie antwoord is vandag nog geldig!

Die Vader soek aanbidders wat Hom in Gees en in Waarheid sal aanbid. Wat beteken dit? Wat is ‘n aanbidder en wat is een wat ‘n balans vind tussen Gees en Waarheid? Vind saam met ons uit!

Dieser Titel ist derzeit nur in Englisch (Afrikaans) ohne deutsche Untertitel. Wenn du wirklich an dieser Lehre interessiert bist und möchtest, dass wir sie in unsere Liste der Lehren aufnehmen, die ins Deutsche übersetzt und mit Untertiteln versehen werden müssen, dann sende uns gerne über unser Kontaktformular eine Nachricht mit den Titel in den Nachrichtenbereich. Wir können nicht versprechen, dass es innerhalb eines festgelegten Zeitraums übersetzt wird. Wir können nur sagen, dass es eine höhere Priorität als die anderen Lehren bekommen wird. Vielen Dank!