Waar staan ons in die eindtyd en wat moet ons nog verwag na aanleiding van dit wat ons in die tabernakel sien? Wat het bereid gebeur en wat moet nog kom? Moet ons in vrees en bewing lewe omdat ons nooit kan weet wat God gaan doen nie of wil Hy ons voorberei deur Sy Woord, sodat ons gereed kan wees?

God self het die patroon vir die tabernakel aan Moses gegee en in die struktuur van daardie tabernakel vind ons Sy waarhede en baie geheime wat Hy aan ons as gelowiges wil openbaar.

Gerrit Nel praat ook oor dit wat ons moet verwag vir die 23ste September 2017. Baie mense het in vrees gelewe oor dit wat daardie dag in die hemele sigbaar was en sommiges het gedink, dat die ‘wegraping’ sou plaasvind.

Deur hierdie opname kry dit wat gaan gebeur, alreeds gebeur het en besig is om te gebeur ‘n beter perspektief en ons kan begin om onsself voor te berei as Sy bruid, geklee in geregtigheid, sonder vrees maar eerder voorbereid.

Once-off Donation

Monthly Donation

Donate via Bank Transfer

Download Teaching

Buy