In die woord van God word ons geleer dat ons Konings en Priesters gemaak is vir God die Vader en ook dat ons n Koninklike Priesterdom vir Hom is wat impliseer dat daar op ons ook n Profetiese salwing is. Die drie fasette is die uitdrukking van die salwing wat God op elke gelowige wil sit. Hoe moet ons verstaan ons wat die werklike bedoeling was en hoe hierdie salwing in ons lewe moet uitwerk. Wat was die funksie van elkeen van hierdie verskillende salwings in die Bibel. Indien ons nie verstaan wat God se bedoeling hiermee is nie kan ons nie in die volheid van hierdie autoriteit wat God vir ons gegee het lewe nie.