God self was verantwoordelik vir die stig en opbou van die kerk en plaaslike gemeente. Die vroee kerk wys dus vir ons n prentjie van God se hart vir die instelling. Die feit dat die mens oor die daaropvolgende jare vreemde werkswyses, kulture of gebruike in die kerk gevestig het beteken nie dat ons die instelling van die kerk moet verwerp nie. Kom ons ontdek saam wat hierdie werkswyse, kultuur en God se bedoeling vir die kerk was in die eerste 300 jaar van sy bestaan. Het ons die waagmoed om terug te keer na dit wat God bedoel het vir Sy liggaam?