Ons hoor dikwels dat die man die priester van die huis is. Maar wat presies beteken dit? Waar laat dit die vrou, wat ook volgens die Skrif n priester gemaak is vir ons Hemelse Vader? Hoe verskil die man se priesterskap van die van die vrou? Daar kan onmoontlik van iemand verwag word om n verantwoordelikheid te vervul indien die persoon nie eers voorberei word om so n posisie vol te staan nie. Net so moet n man toegerus word om hierdie verantwoordelikheid as familiehoof te kan opneem. Wat is die sleutel wat mans in staat stel om te kan instap en hierdie rol te vervul?