Een van ons eerste reaksies op ‘n krisis wat skielik oor ons pad kom is gewoonlik om te vra, “Hoekom?” Onder moeilike omstandighede voel dit soms asof daar geen verligting of antwoorde is vir die onsekerheid en vrae wat aanhou kwel nie. Dit is ook juis dan wanneer veroordeling begin knaag, en kort voor lank bevind ons onself gevangenes sonder enige oënskynlike hoop op die vryheid waarna ons smag.

Selfveroordeling beroof ons van die vrymoedigheid om voor die genadetroon van God te staan in gebed en laat ons dus weerloos en uitgelewer. Romeine 8 is egter duidelik dat daar geen meer veroordeling is vir die wat in Christus Jesus is nie.

Die vraag is egter: hoe breek ons vry van die gevangenis van veroordeling? Hoe word Romeine 8 vir ons ‘n lewende openbaring sodat ons die kettings van oordeel kan afskud en deur die beproewing in ons lewens kan staan in die krag wat daar vir ons beskikbaar is in ons Messias asook in die vaste oortuiging dat God namens ons ‘n wonderwerk wil verrig.

Once-off Donation

Monthly Donation

Donate via Bank Transfer

Download Teaching

Buy