Volgens Hebreers 8 bedien ons Hoe Priester, Yeshua, in ‘n Hemelse Tabernakel, een wat nie deur mensehande gebou is nie maar deur God self opgerig is. Ons lees verder dat hierdie Hemelse Tabernakel ‘n skadubeeld hier op aarde het: die Tabernakel van Moses. Die Tabernakel van Moses bied dus vir ons die beginpunt van ‘n ontdekkingsreis. Die Hemelse Tabernakel waarin Yeshua bedien is ons, die lewende stene. Maar hoe vind ons uit wie ons is, wat ons identiteit as lewende stene inhou? Kom ontdek saammet Gerrit Nel die skadubeeld, die Tabernakel van Moses, die struktuur waarin die waarhede opgesluit le van dit waarin ek en jy as Bruid moet wandel.

Buy

Log In

Sign Up