Hoe baie van ons gaan nogsteeds gebuk onder die jukke van slawerny? Hoekom wandel ons steeds nie in die wonderwerke en oorwinning wat die Skrif beloof nie? Is daar iets in die Woord wat ons mis, iets wat ons nog nie ontdek het nie? Jesaja 10:27 belowe dat dit die salwing is wat die jukke van slawerny sal vernietig. In Bybelse tye is mense gesalf met olie om God se seën of ‘n roeping op hul lewens aan te dui. Salwing met olie het dus sinoniem geword met seën, beskerming en krag. Daar is dus iets kragtigs, iets misterieus aan die salfolie en die bestandele daarvan. Wat is die simboliese betekenis van die bestandele? En hoe kan ons dit wat in hierdie simboliek opgesluit is vrystel in ons lewens?

Buy

Log In

Sign Up